NG gemeente Stellenbosch

Op Stellenbosch is van 1862 tot 1865 die argitek Carl Otto Hager se bekendste ontwerp, die moederkerk se veranderings en vergroting, opgerig. Met sy gebruik van Gotiese elemente het hy 'n reuse-invloed uitgeoefen op die Suid-Afrikaanse kerkboukuns in die daaropvolgende dekades tot argitekte soos Wynand Louw en Gerard Moerdijk in die eerste helfte van die 20ste eeu 'n inheemse kerkboustyl begin ontwikkel het.

Die NG gemeente Stellenbosch is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne